У нас вы можете посмотреть бесплатно Die ENIGSTE Gemmerkoekie-resep wat jy ooit sal nodig hê! (Daardie perfekte kraak!) ☕🍪 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Gemmerkoekies Met Kraak ☕🍪 Vandag se resep is 'n ware skat wat ek nie kan wag om met julle te deel nie. Vir jare lank het my man en ek gesoek na daardie perfekte Gemmerkoekies met die kraak – daai koekie wat buite krakerig is, binne-in taai en sag is, en natuurlik vol warm gemmer geur. Altyd heerlik saam 'n koppie koffie! Ons het so gesukkel! Nou hoef julle ook nie meer so te sukkel. Maar danksy my wonderlike TikTok-volger, Lena (baie dankie, Lena!), het ek uiteindelik die wenresep gevind. Hierdie is die beste, maklikste, mees suksesvolle Gemmerkoekie-resep wat jy in jou lewe sal bak. In hierdie video wys ek jou nie net die resep nie, maar deel ek ook Tips wat Lena en ek ontdek het om daardie onweerstaanbare krakies elke keer reg te kry! Sê totsiens vir gesukkel en die verkeerde resep!!! As jy lief is vir Gemmerkoekies, druk die 'Like'-knoppie en 'Subscribe' vir meer bekostigbare en suksesvolle resepte! Resep: 6 koppies koekmeel 250 g geel woodenspoon margarien / stork baking margarien (ek het in die video 500 g gebruik en hy het nogsteeds lekker uitgekom knypie sout 1 koppie gouestroop 12 - 14 teelepels gemmer, ek het 14 gebruik 2 ½ koppies witsuiker 3 eiers 4 teelepels koeksoda, nie opgehoop suiker om koekies in te dip Voorverhit oond by 200 grade. Spruit bakplaat met kos sproei. Smelt margarien en gouestroop in mikrogolfoond. Laat staan tot lou warm. Klits apart in 'n groot mengbak die koekmeel, koeksoda, sout, suiker en gemmer. Voeg die eiers by en die gouestroop mengsel. Meng met houtlepel of met handtjies in. Gebruik 'n 7 ½ ml maatlepel vir klein koekies en 'n 15 ml maatlepel vir groter koekies. Rol balletjies en rol in suiker. Pak 'n entjie uitmekaar. Bak 8 - 12 minute of tot lekker bruin. Sit 'n mes in oond, hy moet lug kry se Lena se vir 4 minute. Dit is op 250 g margarien. As jy 500 g margarien gebruik dan kan jy die mes inlos die hele bakproses, dan kraak hy beter. Laat dit bietjie afkoel in pan en plaas op afkoelrakkie. Heerlik saam met Koffie. En Geniet!!!