У нас вы можете посмотреть бесплатно Papa, Wat Maak Die Meisie? - Harold Cobb & Sy Boereorkes Met Piet Pompies & Jessie или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Harold Edward Cobb is gebore op 19 Maart 1913 in Wynberg, Kaapstad. Hy was 'n briljante pianis en orkesleier, en sy orkes was lank te hoor in die legendariese radioprogram "Caltex Kaskenades". Hy het sowat vyftien 78-spoedplate opgeneem vir Trutone en Pêrel saam met Piet Pompies. Harold is oorlede op 02 April 1995 in Hermanus, Wes-Kaap, in die ouderdom van 82. Pieter Carel Nicolaas Van Der Byl is gebore op 02 Julie 1922 in Willowmore in die Oos-Kaap. Hy was meer as net sanger... hy was ook akteur, omroeper, komponis, draaiboekskrywer, goëlkunstenaar en buikspreker. Piet Pompies is op 30 Desember 1992 in die ouderdom van 70 oorlede in ‘n motorongeluk naby Grabouw. Hierdie legendariese komediant het sy verhoognaam te danke gehad aan die outydse pompie-toeters waarmee hy op die verhoog lawaai gemaak het! Jessie (Phillipus Lodewiekes "Flippie" Laker) is op 24 Mei 1924 in Franschhoek in die Wes-Kaap gebore. Hy kon verskeie instrumente bespeel en net so goed komies en meer ernstig sing. Hy was ook saam met Harold en Piet deel van die suksesvolle "Caltex Kaskenades". Flippie is ook reeds oorlede. Die pragsnit is op 78-spoedplaat uitgegee deur Trutone, met "Die Koeitjie Spring" op die keersy.