У нас вы можете посмотреть бесплатно Vertrou die Proses - Ps Tersius Swart - 2026/02/22 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
GENESIS 1:1 'In die begin het God die ganse heelal geskep , die hemel daarbo en die aarde hieronder. ' GENESIS 1:2 'Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. ' GENESIS 1:3 'Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so. ' GENESIS 1:4 'Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar geskei. ' GENESIS 1:5 'God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit alles het op die eerste dag gebeur. ' GENESIS 1:6 'God het beveel: “Laat daar skeiding kom tussen die waters!” ' GENESIS 1:7 'So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so gebeur. ' GENESIS 1:8 'God noem toe die blou koepel “hemel”. Dit het op die tweede dag gebeur. ' GENESIS 1:9 'God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het presies so gebeur. ' GENESIS 1:10 'God noem toe die droë grond “land” en die versameling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed. ' GENESIS 1:11 'Toe beveel God: “Laat plante uit die grond voortspruit wat saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee.” En dit het gebeur. ' GENESIS 1:12 'Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was. ' GENESIS 1:13 'Dit het op die derde dag gebeur. ' GENESIS 1:14 'God het beveel: “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. ' GENESIS 1:15 'Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig.” Dit het toe so gebeur. ' GENESIS 1:16 'So het God die twee groot ligte gemaak: die grootste om in die dag te skyn en die kleiner een om in die nag te skyn. Hy het ook die sterre gemaak. ' GENESIS 1:17 'God het hierdie ligte in die hemelkoepel geplaas om die aarde te verlig, ' GENESIS 1:18 'die een in die dag en die ander in die nag en ook om lig en donkerte van mekaar te skei. God het gesien dat dit goed was. ' GENESIS 1:19 'Dit het op die vierde dag gebeur. '