У нас вы можете посмотреть бесплатно 13. Kies dan vandag! | Geloofslesse Uit Josua Se Lewe или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die Woord in Diepte met Andre en Rebecca Joubert ““Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien… Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien”” (Josua 24:15, NAB). Josua se slothoofstuk geskied binne die raamwerk van ’n hertoewydingseremonie aan die verbond, maar dié keer onder leiding van Israel se bejaarde leier. Dit bevat nie die verbond self nie, maar is ’n verslag van daardie hertoewydingseremonie. Nietemin bevat hoofstuk 24 die tipiese elemente van ’n Ou Nabye Oosterse susereiniteitsverdrag: (1) ’n aanhef waarin die suserein (oftewel opperleenheer) wat ook die inisieerder van die verdrag is, geïdentifiseer word; (2) die historiese voorwoord, wat die verhouding tussen die opperleenheer en die ondergeskikte leenstaat aandui; (3) die bepalings van die verdrag wat die leenstaat aansê om algehele trou aan die opperleenheer te betoon, met dankbaarheid as die grondslag en motivering; (4) seëninge vir gehoorsaamheid en vervloekings vir troubreuk; getuies vir die leenstaat se formele eed; (6) verklaring oor die berging van die dokument vir toekomstige raadpleging; en (7) die bekragtiging van die verdrag. Die bejaarde Josua is na-aan die einde, maar ’n opvolger is nêrens in sig nie. Hierdie hertoewyding aan die verbond het ten doel om Israel daaraan te herinner dat Jahwe self hul koning is; asook dat hulle, as hulle getrou aan Hom sou bly, sy beskerming sal geniet. Israel benodig nie ’n mens as koning nie. Hulle is ’n teokratiese nasie. Wat hulle altyd voor oë moet hou, is dat die Here hul enigste heerser is.