У нас вы можете посмотреть бесплатно Die FEES-POEDING! - Perfekte Vrugtekelkie Poeding met Ideal Melk Sousie & Vla (Stap-vir-Stap Resep) или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Vrugtekelkie Poeding Geseënde dag! Maak gereed vir 'n Suid-Afrikaanse nagereg wat jou familie en gaste gaan verbaas! Vandag wys ek jou my grootformaat Vrugtekelkie Poeding resep, perfek vir Sondag byeenkomste of die Kerstafel. Hierdie poeding is nie net ongelooflik sappig en klam nie, maar ons verfyn dit ook met die beroemde Ideal Melk Sousie wat direk na die bakproses oorgegiet word, sowel as my tuisgemaakte, dik vla wat perfek pyp. Moenie vergeet om te Subscribe vir nog heerlike, gesinsvriendelike resepte nie! Wat is jou gunsteling fees-poeding? Laat my weet in die kommentaar hieronder! 👇 Vrugtekelkie Resep: Deeg; 2 koppies koekmeel 1 eetlepel bakpoeier 1 koppie witsuiker knypie sout 1 teelepel vanielje geursel 2 opgehoopte eetlepels margarien of botter, sag (½ koppie) 3 groot eiers, kamer temperatuur 1 groot blik (825 g) vrugtekelkie of 2 klein blikkies, gooi stroop af en hou eenkant, sovel as bietjie vrugtekelkie vir versiering ¾ koppie melk Voorverhit die oond op 180 grade. Spuit jou tertbak met kossproei. Klits die botter en suiker saam. Klits dan een vir een eier by. Skrap die kante af. Klits die vanielje geursel by. Sif dan apart die droë bestandele, die koekmeel, bakpoeier en die sout. Voeg die droë mengsel by die nat mengsel, en gooi bietjie vir bietjie die melk by. Klits goed en skrap die kante af. Gooi die vrugtekelkie by, maar hou een kant vir versiering. Meng dit deur met 'n spatula. Skep alles in jou tertbak. Bak vir 45 - 50 minute of tot goudbruin en gaar. Steek 'n klomp gaatjies in en gooi warm sousie eweredig bo-oor. Laat hom heeltemal afkoel voor jy die vla op smeer of pipe. Sousie; ½ - 1 koppie vrugtekelkie stroop, hangaf hoe nat jy hom soek 1 blik Ingedampte melk Meng dit deur en maak die stroop warm, dit moet nie kook nie. Jy kan dit koud ook eweredig gooi bo-oor die warm tert. Dit sal intrek en 'n heerlike sous vorm. Vla; 2 koppies melk 3 opgehoopte eetlepels vla poeier ¼ koppie wit suiker 1 teelepel vanielje geursel knypie sout Gooi die melk, suiker, vla poeier, sout en vanielje in 'n kastrol. Klits goed deur met 'n draadklitser. Plaas dit op die stoof, jy kan dit op no. 4 sit as jy bang is die vla brand vas. Klits dan aanhoudend tot dit kook. Haal van plaat af. Gooi dit oor in 'n ander bakkie en bedek bo-op die vla met kleefwerende plastiek. Plaas dit in die yskas tot lekker yskoud. Smeer dit bo-oor die koue poeding of versier dit mooi. Versier ook met oorblywende vrugtekelkie en rooi kersies as jy wil. Geniet hom.