У нас вы можете посмотреть бесплатно Room Melktert - DIE PERFEKTE Suid-Afrikaanse Room Melktert! 🇿🇦 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Room Melktert Stap in my kombuis en ontdek die geheim van die PERFEKTE Suid-Afrikaanse Melktert! 🇿🇦 Hierdie resep vir Romerige Room Melktert is sag, syglat, en absoluut onweerstaanbaar. Ons gebruik my spesiale metode om daardie romerige tekstuur te kry wat smelt in jou mond—nie te styf, nie te loperig nie, maar net heerlik sag. Of jy nou 'n beginner bakker is, of jy soek na die beste resep om by die volgende kuier te beïndruk, hierdie Room Melktert is vir jou. Ek wys jou hoe om die perfekte kors te kry en hoe om daardie klassieke, ryk vulling te skep. Kyk die video, bak saam, en deel hierdie resep met jou vriende! Moenie vergeet om in te teken vir nog meer Suid-Afrikaanse resepte en bak-inspirasie nie. Room Melktert Resep: Kors 1; 2 koppies koekmeel ½ koppie margarien, koud en in blokkies gesny ½ - 1 gelykte teelepel sout 2 teelepels suiker as jy die kors soeter soek 1 gelykte teelepel bakpoeier, maar hy kom ook reg uit sonder bakpoeier 6 - 8 eetlepels yskoue water Gooi die droe bestandele in 'n mengbak. Werk dan die margarien in met vingerpunte tot broodkrummels vorm. Voeg yskoue water bietjie vir bietjie by tot deeg vorm. Druk dun uit op ringvormpan wat gespuit is met kossproei. Druk gaatjies in met vurk en bak by 180 grade vir 10 - 12 minute of tot ligbruin. Skep vulsel oor kors en maak gelyk. Sprinkel kaneel (cinnamon) bo-oor en plaas in die yskas tot lekker yskoud. Kors 2; ½ koppie sagte margarien 1 groot eier 1 koppie koekmeel 1 teelepel bakpoeier knippie sout 2 teelepels suiker as jy die kors soeter soek ongeveer 80 ml melk (kamer temperatuur) Meng alles tot 'n deeg en druk dun uit in tertbak. Bak tot ligbruin op 180 grade. Dit neem so 10 - 12 minute. Gooi vulsel in, maak gelyk en sprinkel kaneel bo-oor en plaas in yskas tot lekker koud. Room Melktert Vulsel; ½ koppie margarien of botter 3 koppies melk Gooi dit in 'n kastrol tot botter gesmelt het en die melk warm is. Dit moet nie kook! Meng Apart; ½ koppie mielieblom (maizena) 4 eiergele knypie sout 1 teelepel vanielje geursel 3 - 4 eetlepels suiker, na smaak 250 ml room Gooi alles in 'n mengbak en klits goed deur met 'n draadklitser. Voeg dan bietjie van die warm melkmengsel by die roommengsel en klits goed. Gooi alles weer terug in kastrol en roer aanhoudend tot kook. Ek roer myne vir 'n verder 1 - 2 minute. Gooi warm vulsel oor die kors of Tennis-Beskuitjies, jy kan dit fyn maak ook en gesmelte margarien by voeg. Sprinkel kaneel (cinnamon) bo-oor en plaas hom vir 3 - 4 ure in yskas tot lekker yskoud. Geniet Hom!